
Die hart van Katryn & Kie
In ‘n klein dorpie in die hart van Noord-Natal
Broei ‘n rein gedagte
Lekker lawwe stories in Afrikaans
Elk met verskillende klanke
Rympies, stories en skoolkonserte
Versamel sy op haar kerfstok
Hierdie skoolhoof mag maar skryf
Om nuwe, jong lesers in te lok
Die sketse laf en prettig
Helder kleure trek jou in
Oefen speel-speel jou klanke
Laat die leesproses begin
Die illustreerder en bemarker
‘n Ontwerper op die plaas
Saam met haar klein lyfies
Teken en skets sy graag
‘n Graad 3 juffrou trek ons in
Om aktiwiteite uit te werk
Taalwerk, Skryf en Luister
Vaardighede om af te merk
Saam vorm ons die hart van Katryn & Kie
Almal bloedverwant
‘n Voorreg om te kan skep
En dit te deel met ons vaderland
Powered by Froala Editor