Wie is Katryn & Kie?

image

Helena Viljoen

Skrywer

image

Adrien Terblanché

Illustreerder



Helena Viljoen, skoolhoof en onderwyseres, het al vele rympies en skoolkonserte geskryf. Opsoek na klank-leesboekies vir haar skool het sy besluit om self die stories te skryf en het my, haar dogter, genader om die illustrasies te doen.

As grafiese ontwerper was dit 'n heerlike uitdaging en in 2019 het ons die eerste 8 boekies klaar gemaak en besluit om die boekies te verkoop. So is Katryn & Kie gebore.

Sedertdien het ons nou al 'n versameling van 20 Afrikaanse leesboekies wat kinders op 'n prettige manier leer lees. Hierdie leesboekies fokus hoofsaaklik op die basiese klanke in Afrikaans. Elke boekie fokus op ’n ander klank.

Die boekies word in vier leesvlakke verdeel en al die vokale, dubbel-klanke en diftonge in Afrikaans word behandel.

Ek hoop dat julle die boekies net so baie soos my twee dogtertjies sal geniet!


Groete
Adrien Terblanché
(Grafiese Ontwerper)


image
image
image