Leesvlak 1: Digitale Hulpbronpakket

R300.00
0 reviews

Hierdie digitale hulpbronne is gebaseer op Leesvlak 1 se vyf leesboekies. Dit fokus op kort vokaalklanke (/a/; /e/; /i/; /o/; /u/) en bevat ‘n verskeidenheid aktiwiteite om lees- en ander vaardighede te oefen. Dit kan tydens die aanleer van die klanke of vir hersiening gebruik word. Die pakket bevat die volgende:

  1. Klanke-werkboek

  • Vyf afdelings vir elke boekie in leesvlak 1: Lees en Praat , Begripslees/Luister, Skryf, Klanke en Taalwerk, Pretblad 

  • 33 Bladsye

  • Flitskaartwenke vir die skool

  • Flitskaartwenke vir die huis

  • PDF formaat: Die hulpbron mag deur die skool/individu wat dit aankoop uitgedruk word. Dit mag egter nie versprei of gedeel word nie!

  1. Flitskaarte

  • Vyf verskillende flitskaartdokumente - 1 vir elke klank in leesvlak 1.

  • Elke stel bevat 5 woorde uit die boekie en 5 prentjies wat daarby pas.

  • PDF formaat: Die hulpbron mag deur die skool/individu wat dit aankoop uitgedruk word. Dit mag egter nie versprei of gedeel word nie!

  1. Leer Lekker Lees Videos

  • Vyf verskillende videos - 1 vir elke klank in leesvlak 1.

  • Dieselfde woorde en prente as die flitskaarte.

  • Video van mond wat die klankvorming wys.

  • Videos word op Google Drive gedeel en kan herhaaldelik gekyk word, maar nie afgelaai en versprei word nie.


Shipping   Local     National     International  

R300.00